Suid-Afrikaners wat die buiteland in hegtenis geneem of tronk toe gestuur word, kan toestemming vra om die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in daardie land te kontak. Alternatiewelik kan iemand die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in daardie land of die Hoofdirektoraat: Konsulêre Dienste van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in Pretoria namens hulle kontak.
Konsulêre beamptes sal help om te verseker dat Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland in hegtenis geneem is, menslik behandel word tydens aanhouding. Hulle sal die Suid-Afrikaanse gevangene besoek, inlig oor die regstelsel van die land en familie en vriende kontak, indien skriftelik so versoek.
Lees meer oor hulp aan Suid-Afrikaners in hegtenis geneem in die buiteland, of kontak jou naaste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger of die Hoofdirektoraat: Konsulêre Dienste in Pretoria.