Jy moet as ‘n belastingbetaler by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) registreer indien jy meer verdien as ‘n spesifieke bedrag wat jaarliks bepaal word. Jy moet binne 60 dae vandat jy die eerste keer 'n inkomste ontvang, registreer.
Die IT77 registrasievorm vir individue is afgeskaf en jy kan nou slegs kan registreer deur 'n SARS-tak te besoek waar jy op die stelsel geregistreer sal word.
Jy moet stawende dokumente indien as bewys van:
- identiteit
- adres
- bankbesonderhede.
Sodra jy geregistreer is vir belasting en jy ‘n belastingnommer ontvang het, kan jy registreer vir eFiling op www.sarsefiling.co.za en belastingopgawes aanlyn indien sodra die belastingseisoen begin. Indien jy nie vir eFiling registreer nie, sal SARS ‘n vorm aan jou stuur wat jy moet voltooi en terug stuur.
Jy moet ‘n belastingopgawe indien sodat SARS ‘n berekening kan maak om te bepaal of jy meer belasting moet betaal en of ‘n terugbetaling moet kry.
Vind meer uit oor:
- hoe om te registreer as belastingbetaler en hoe om jou opgawe in te dien
- jou belastingverpligtinge as besigheid en as werkgewer
of kontak SARS vir meer inligting.
SARS Contact Centre: 0800 00 7277